Die Amerikaanse President het ‘n uitvoerende bevel op Februarie 7, 2025 geteken wat hervestiging van Afrikaners in die VSA prioritiseer. Persoonlik, stem ek nie saam dat President Trump se bevel spesefiek vir Afrikaners moet wees nie: dit behoort te wees dat ‘n uitweg vir alle ware Christene in Suid-Afrika verskaf is, ongeag hul kleur of taal.
Sosialisme en Kommunisme het in elke sfeer in Suid-Afrika toegeneem, en geen ware gelowige kan tereg onder so ‘n regeringskarakter bly nie. Sosialisme maak ‘n man afhanklik aan die Staat, eerder as aan sy Vader (Matt. 6:25-33), en onder Kommunisme behoort ‘n man aan die Staat, eerder as aan die Here (1 Korinthiërs 6:19-20).
Die oproep van die Heilige Gees aan alle gelowiges wat in Suid-Afrika woon, is, “Kom uit!”
Maar die direkte aanbod van die Amerikaanse regering is tans aan die Afrikaner. Ek moedig jou aan, as jy ’n gelowige in Christus is, om die aanbod te aanvaar!
Baie van die Afrikaners wat ek ontmoet het, sê dat hulle gaan nie Suid-Afrika verlaat nie. Hulle waardeer “my land en volk en taal” te veel. Sommige voel dat “God het vir ons die land gegee”. Ander sê dat hulle ‘te veel werk in hul plaas belê het’, of dat ‘dit al geslagte lank in die familie is’.
Maar ‘n gelowige is ‘n burger van die Hemel (Fil. 3:20), en sy hart hoort daar te wees (Matt. 6:19-21)! Hy behoort bereid te wees om alles to verlaat (Markus 10:28-30). Hy behoort bereid te wees om sy land en volk te verlaat soos Abraham gedoen het. (Gen. 12:1). Nasionale gevoelens en liefde vir kultuur behoort om te vervaag met ‘n ware gelowige: hy is ‘n seun van God, en sonder nasionale identiteit in Christus (Gal. 3:26-28). Hy is nie bekommerd oor wat ‘van sy vader oorgelewer is’ want hy het “n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis, wat in die hemel bewaar is” (1 Petrus 1 v.18 & v.4).
Die Here Jesus is ‘n teenwoordige Verlosser, en die Bybelgordelstreek van Amerika is deur die Hemel voorsien as ‘n toevlugsoord vir Christene om na te vlug, totdat Hy kom om al Sy eie te haal. (1 Thes. 4:15-17).
Die hede is ‘n tyd van sif en toetsing. Waar die evangelie ook al gegaan het, versamel die Here nou die darnel in bondels (Matt. 13:30). Hy plaas toetse (bv. transgenderisme) oral, om belydende gelowiges te dwing om te wys waar hulle werklik staan.
Hierdie bevel is jóú toets! Dit is ‘n aanbod van fisiese verlossing wat direk aan jou gemaak word.
Haat en bitterheid teen die Afrikaner deur sommiges in Suid-Afrika het nie in die afgelope 30 jaar afgeneem nie. ‘n Profeet, Deryck Noakes (1932-2017), oorsponklik van Somerset-Oos, het baie jare gelede gesê dat, op die einde, ‘die Afrikaners van die lamppale sal hang’. Ek sien nou dat God so liefdevol, so genadig, en so regverdig is, dat Hy ‘n uitweg vir alle Afrikaners verskaf! As jy ‘n egte gelowige in Christus is, sal jy jou ‘volk en land en taal’ prysgee en ontsnap terwyl jy kan! Die wat weier om dit te doen sal nie in staat wees om God te blameer vir wat aan hulle gebeur nie.
Die tyd is naby. (Openbaring 1:3) Elkeen wat kan hoor, moet luister na wat die Gees vir die gemeentes sê. (Openbaring 3:6)
In die Naam van die Here Jesus,
Jared Pudney
Die skrywer is ‘n apolities Christen wie in Suid-Afrika van boorte tot 2016 gebly het. Hy woon tans in Amerika, opwagtend aan sy Verlosser se koms uit die Hemel.